|
‘n Bejaarde egpaar se besoek in Brits, het hul duur te staan gekom nadat hul in ‘n botsing met ‘n trein betrokke was. Die oom en tannie van Krugersdorp het vanoggend omstreeks 10:00, vermoedelik nie die trein, op die spoor naby die bekende DOH Bou en Hardeware winkel in Spoorwegstraat Brits, sien aankom toe hul die kruising oorsteek nie.
‘n Aankomende, volgelaaide, steelkooltrein kon nie betyds stop nie en het die Go Now bakkie aan die bestuurderskant getref. Die bakkie het binne-in ‘n sloot, langs die treinspoor, tot stilstand gekom.
Die tannie is nie ernstig in die ongeluk beseer nie, terwyl die oom met ernstige kop en bors beserings, na ReeveMed Hospitaal vervoer is.
Volgens persone op die toneel kan die ongeluk ook toegeskryf word aan die feit dat ‘n verskepingshouer te naby aan die treinspoor, langs die pad naby die kruising, staan. Hierdie houer belemmer motoriste se uitsig op die treinspoor en noodsaak bestuurders om tot teen die treinspoor te ry om sodoende vir aankomende treine uit te kyk.
 |
|
Die Go Now bakkie wat in ‘n treinbotsing betrokke was. |
Motorfiets Ongeluk Tussen Twee Broers Een van twee broers het Saterdag 24 Julie 2010, met sy motorfiets teen sy broer se fiets gebots nadat dié ‘n u-draai in die pad gemaak het.
Die broers van die Johannesburg omgewing en hul vroulike passasiers, was onderwg op die Hartbeeshoekpad toe die een broer vermoedelik nie betyds kon stop nie en teen sy broer se motorfiets vasjaag.
Die twee passasiers is in die ongeluk beseer maar die twee broers het slegs ligte beserings opgedoen.
Bravo Insleepdienste – 012 258 0413
 |
|
Die motorfiets van twee broers wat teen mekaar gebots het. |
 |
|
Die motorfiets van twee broers wat teen mekaar gebots het. |
|